Local newsNews

Nog ‘n kans vir eienaars om ou brugslotte te kom haal

'n Besoek aan Parys se hangbrug is beslis die moeite werd as jy weer in dié omgewing is.

Baie moeite en tyd is die afgelope weke deur plaaslike kunstenaar Joggie Kotzé van die Man van Staal kunsgalery in Parys ingesit  om ‘n unieke kunswerk te maak van die slotte wat van Parys se geskiedkundige hangbrug oor die Vaalrivier verwyder moes word maar nie deur die regmatige eienaars gehaal is nie.

Die slotte moes in 2023 verwyder word om nodige herstelwerk aan die brug te doen omdat die brug nie meer veilig was vir voetgangers nie as gevolg van die toestand van die draad weerskante van die loopvlak.

Kyk net hoe spoggerig lyk dit nou by die hangbrug. 

Terwyl gewerk is aan die eerste figuur van die kunswerk was een ding egter duidelik –  die verskil in metale waarvan die slotte gemaak is, veroorsaak dat die kunswerk nie die toets van die tyd gaan deurstaan nie, en maklik sal breek.

Daarom is besluit om halt te roep met die projek,, en eienaars van die slotte wat dit nie vroeër kom opeis het nie, weer geleentheid te gee om dit binne die volgende twee maande by Jacks Paint in Waterstraat, Parys te gaan afhaal.

As jy weer in die omgewing van die hangbrug is gaan kyk hoe mooi en netjies is dié toerismejuweel en die omgewing hier nou. Dit is beslis ‘n besoek die moeite werd en word weekliks netjies en instand gehou.

Boonop is daar nou die Mur de Souveniers waar mense  hul slotte kan hang as herinnering aan ‘n besoek aan die brug. Die Mur de Souveniers is juis daar sodat slotte nie weer soos in die verlede die brug sal beskadig nie,  en sorg vir ‘n besienswaardigheid in eie reg, langs die brug.

Die Mur de Souvenier is deesdae, net soos die bekende hangbrug ‘n bekende toeriste aantreklikheid.

So het die brug gelyk met die gehawende draadwerk voordat herstelwerk hier gedoen is. Die gewig van die slotte wat vroeër hier gehang het, het groot skade veroorsaak.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button