Local newsNewsNews

Kom neem jou brug-kiekie hier

Binne die volgende drie maande sal 'n uitsonderlike kunswerk ook net links van die brug opgerig word

Maande se harde werk en toewyding deur ‘n groep vrywilligers om die bekende staal hangbrug oor die Vaalrivier in Parys, en die rivieroewer hier netjies te kry en te hou, maak dié toerismejuweel deesdae beslis ‘n besoek aan die dorp die moeite werd, want week vir week word hier steeds skoongemaak, gras gesny en instand gehou.

Die afgelope week is ‘n pragtige geel toerisme-fotoraam ook by die brug opgesit waar mense na hartelus met die 1919-brug in die agtergrond ‘n foto kan neem. In die plek van die honderde slotte wat voorheen aan die brug gehang is en skade gemaak het, is daar die ‘Mur de Souvenirs’ opgerig sodat mense hier hul slotte kan hang, en nie aan die brug nie.

Binne die volgende drie maande sal ‘n uitsonderlike kunswerk links van die brug opgerig word. Dit word gemaak van die slotte wat van die brug verwyder moes word om die baie nodige herstelwerk te kon doen. Die talentvolle kunstenaar is Joggie Kotzé, van Man van Staal kunsgalery in Parys se hoofstraat.

Kunstenaar Joggie Kotze van Man van Staal kunsgalery in Parys wat die kunswerk sal maak.

Vroeër die week was Stompie Skosana wat van die begin van die 1919 brugprojek hand bygesit het, weer besig om die rivieroewer skoon te maak, Sakke vol vullis wat elke week hier opgetel word. Stompie het ook gehelp om die straatname by die brug kleur te gee, en kyk maar mooi na die sirkel in Presidentstraat soos jy rivier toe ry – ook dit is sy inisiatief. Hy hou die asblikke leeg en vul selfs die slaggate.

Dankie aan die 1919 vrywilliger groep vir die ongelooflike werk wat hier by die hangbrug gedoen is. Op die foto is Stompie Skosana.

Of jy ‘n Parysenaar is of ‘n besoeker aan die dorp – maak seker jy maak ‘n draai by die hangbrug en neem jou foto hier.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button