Local newsNews

Meeste “Black Friday” winskopie-jagters koop rondom middernag

Meer spandering op elektroniese ware en rugsteun kragvoorsiening vanjaar verwag.

Die kaart gekoppelde paaiementbetalingsplatform, Float, verwag ‘n skerp toename van tot 500%   in transaksies vir die ‘Black Friday’ inkopie stormloop. Boonop  voorspel hulle dat die gemiddelde klant tot 30% meer gaan spandeer aan dié winskopies tot bedrae van meer as R11 000.

Verlede jaar het die Black Friday naweek verkope ‘n totaal van 32% van Float se November transaksie-waarde uitgemaak wat toe  al ‘n 32% styging was teenoor die Oktober syfer.

Float sê die gemiddelde koper het oor die Black Friday naweek en op Cyber Monday verlede jaar gemiddeld R8 406 spandeer, met die grootste bedrag – R49 800 wat op meubelaankope spandeer is. Net voor Black Friday was daar selfs ‘n R114 800 transaksie van ‘n handelsvennoot in die fiksheidsbedryf.

Twintig persent van bestellings vir Black Friday/Cyber Monday 2022 is gedoen tussen middernag en 01:00 op Black Friday en 60% van kopers was mans.

Produk kategorieë wat die beste gevaar het was meubels en huisware (34% waarvan die meeste matrasse en beddens was), huishoudelike toebehore (23%) , musiek en klank (13%) en sport en buitelewe produkte (13%). Op elektroniese ware was daar 9% aankope en op juwelliersware 8%.

Dit wil lyk asok dié tendens van wat gekoop word dalk effens kan verskil vanjaar met die verwagting dat meer elektroniese ware verkoop sal word, asook sporttoerusting en elektriese fietse.

Verkope van rugsteun kragvoorsiening mag dalk ook hoër wees gegewe die huidige beurtkrag situasie, en e-handel blyk ook steeds meer gewild te wees.

Wat jy ookal koop is goeie raad om rentekoersverhogings in gedagte te hou.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button