News

Skoolsaal se dak stort ineen

Onderwysdepartement al in Mei gewaarsku

Die Vrystaatse department van onderwys het al van Mei vanjaar geweet van die defekte in die struktuur van die skoolsaal van die Primêre skool Lumiére in Vaalpark, en die risiko’s wat dit inhou.

Was dit egter nie vir die beheerliggaam van die skool wat pro-aktief opgetree het toe die probleme gesien is nie, en as vookomende maatreël die klaskamers naaste aan die skoolsaal ontruim en ingange na die saal gesluit het nie, kon die ineenstorting van die skoolsaaldak ‘n tragedie gewees het.

Die skoolsaal se dak het Vrydagmiddag inmekaar gesak. Niemand is beseer nie.

Die skool se beheerliggaam het verlede week nog voordat die dak ineengestort het, weer skrywes aan die onderwysdepartement gerig.

  • Op Vrydag 1 Februarie 2019 het ’n loopbrug by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark ineengestort wat tot die dood van vier leerder gelei het.

 

 

Related Articles

Back to top button