News

Kieser registrasienaweek: Dit is hoekom jy moet seker maak

Versuim om ‘n adres op die kieserslys te verander indien jy sedert die vorige verkiesing verhuis het, sal beteken dat as jy wil stem, jy sal moet reis na die stempunt waar jy geregistreer is, anders sal jy nie kan stem nie. 

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) stel op 18 en 19 November landwyd registrasiepunte beskikbaar waar kiesers kan registreer om te stem in die verkiesing van lede van die nasionale parlement en provinsiale wetgewers. Die verkiesing sal na verwagting iewers in, of na Mei 2024 plaasvind. Met die skryf van hierdie berig was die verkiesingsdatum nog nie bekendgemaak nie.

Registrasiebeamptes sal  tydens die komende registrasienaweek by elke stempunt waar tydens die verkiesing gestem kan word, beskikbaar wees om kiesers behulpsaam te wees om nuut te registreer, of om besonderhede op die kieserslys na te gaan en, waar nodig, op

te dateer. Al wat nodig is om te registreer of besonderhede op die kieserslys aan te pas, is jou identiteisdokument of -kaart.

Wat baie belangrik is, is dat die proses sedert die vorige nasionale verkiesing aangepas is, en  kiesers nou in die komende verkiesing slegs sal kan stem by die

stempunt waar hulle geregistreer is. Dit is ‘n wesenlike verandering met kiesers wat voorheen by enige stempunt in die land vir lede van die parlement, en by enige stempunt in die provinsie waarin hulle geregistreer is vir lede van die provinsiale wetgewers. kon stem,  sê Vryheidsfront Plus raadslid Phillip van der Merwe.

Juis daarom is dit noodsaaklik dat kiesers die geleentheid gebruik om seker te maak dat hulle kan stem by die stempunt naaste aan hul woonadres. Versuim om ‘n adres op die kieserslys te verander indien jy sedert die vorige verkiesing verhuis het, sal beteken dat as jy wil stem, jy sal moet reis na die stempunt waar jy geregistreer is, anders sal jy nie kan stem nie.

Related Articles

Back to top button