News

Drie sterf toe bakkie in rivier beland.

Ons innige medelye aan die familie. 

Polisielede, reddingswekers en Prinsloo Recovery het net voor 14:00 vanmiddag, Sondag 5 November, daarin geslaag  om ‘n bakkie uit die Vaalrivier te haal, nadat die voertuig in die vroeë oggendure net buite Oranjeville  van ‘n brug af is, en in die Vaalrivier beland het. Die drie insittendes was van Harrismith en was onderweg terug na ‘n sokkerwedstryd. Hulle het van Frankfort in die rigting van Oranjeville gery toe die ongeluk gebeur het.

Die ongeluk was net na 01:00 vanoggend, en is polisieduikers van Bloemfontein en Welkom asook die polisie se K9 Soek- en reddingseenhede van Sasolburg en Welkom na die toneel ontbied waar vir ure gesukkel is om die voertuig uit die water te kry.

Die insittendes van die voertuig is op die toneel dood verklaar.

Die foto is geneem nadat Prinsloo Recovery die bakkie uit die water gehaal het.

Related Articles

Back to top button