News

Daar’s lig by die brug

Gaan maak gerus weer 'n draai by die toerismejuweel

Parys se historiese hangbrug oor die Vaalrivier is nou helder verlig saans. ‘n Pragtige gesig vir dié statige toerisme-juweel wat die afgelope weke ‘n splinternuwe baadjie gekry het.

Die beligting wat by die hangbrug aangebring is, is te danke aan ‘n inwoner, Mike Fourie, wie se vrou Stephanie, oorspronklik die inisiatief geneem het om hier by die hangbrug skoon en netjies te maak,te verf, vullisdromme aan te bring, te plavei en herstelwerk aan die brug se draadkante weerskante van die loopvlak te doen. Daar is ook nou ‘n pragtige raam waar mense wat die hangbrug besoek hul slotte kan hang om ‘n besoek hier ekstra spesiaal te maak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button