News

Gesin steeds hoopvol om Zettie te vind

Hulle het 'n R2 000 beloning uitgeloof vir die persoon wat Zettie aan hulle terugbesorg.

Zettie was soos ‘n kind in hul huis. Hy het saam op vakansie gegaan, en gereeld saam met die gesin gaan stap. Hy was spelerig en baie sosiaal. Jy sou hom gereeld onder ‘n duvet sien lĂȘ, of besig om pantoffels weg te dra, maar in die Strydom-huishouding in Le Grangestraat is daar groot hartseer nadat hul Ferret-mannetjie net meer as ‘n week gelede spoorloos verdwyn het.

Loraine en haar gesin is egter steeds hoopvol dat hulle diĂ© klein diertjie sal vind. Hulle het ‘n R2 000 beloning uitgeloof vir die persoon wat Zettie aan hulle terugbesorg. Tot dusver was daar nog geen leidrade nie, en het hulle al die strate waar hulle gereeld met Zettie gaan stap het, platgeloop op soek na hom.

Loraine met een van die gesin se wyfie Ferrets.

Zettie het vermoedelik weggeraak toe hy by ‘n glasdeur uit die huis geglip het, en omdat hy nie gewoond is om in die natuur na homself om te sien nie, vrees die Strydoms dat hy nie sal oorleef nie.

Wat die hartseer groter maak is dat al nege Zettie se kleintjies kort na sy verdwyning dood is.

Toe Loraine Maandag, 23 Oktober vir Zettie kos wou vat, was hy skoonveld. “Ons mis ons cuddle bunny,” het ‘n hartseer Loraine gesĂȘ, toe sy vertel het dat hy nog Desember saam met die gesin Kaap toe was.

Zettie na wie daar nou al meer as ‘n week lank gesoek word

Zettie weeg 1,8 kg en is ‘n volgroeide Angora Ferret mannetjie.

Die Ferrets het ‘n spesiale dieet en kan doodgaan van hitte uitputting.

Naas Zettie het die gesin ook twee wyfie Ferrets, Kiki en Tinkie.

Mense wat inligting het oor Zettie kan Loraine skakel by 079 470 5820.

Related Articles

Back to top button