News

Parysenaars bederf met kultuuraand met liedjieskrywer en sanger Stef Kruger

Om met Stef Kruger se pragtige lirieke te ontspan was net wat die gemeenskap nodig het. Ek sien reeds uit na die volgende kultuuraand,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die AfriForum-tak in Parys het verlede week, ‘n heerlike kultuuraand gehou om aan lede inligting oor die tak se bedrywighede deur te gee, en hulle te bedank vir hul bydrae elke maand. Bekende liedjieskrywer en sanger, Stef Kruger, het luister aan die aand
verleen met sy pragtige liedjies en kwinkslae.

Die AfriForum-tak het tydens die geleentheid ook erkenning aan die Parys Gazette se redakteur, Liezl Scheepers, gegee, deur aan haar ‘n sertifikaat van erkenning te oorhandig vir die goeie joernalistieke werk wat sy in Parys en omgewing doen.

Schalk Burger, Liezl Scheepers, Alta Pretorius.

AfriForum het na afloop van die aand dankie gesê aan elkeen wat die aand bygewoon en saam geniet het. Spesiale dank ook aan Andre Smuts van die 1919 on Vaal restaurant wat die restaurant kosteloos vir AfriForum beskikbaar gestel het. “Dit was lekker om tussen al die probleme deur net weer te ontspan, en ons sal dit beslis weer doen, ” sê Schalk Burger, die takvoorsitter in Parys.

“Hierdie aand het vir almal wat dit bygewoon het, net tot voordeel gestrek. Om met Stef Kruger se pragtige lirieke te ontspan was net wat die gemeenskap nodig het. Ek sien reeds uit na die volgende kultuuraand,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die
Mooirivier.

Schalk Burger, Stef Kruger, Alta Pretorius, Theo Dunn

Die tak moedig die gemeenskap aan om by projekte soos dié betrokke te raak. Kontak vir Schalk Burger by 082 653 4281 om betrokke te raak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button