News

Maak die regte skuif Woensdagaand vir nog ‘n lekker skaakaand

Spelers, nie net plaaslik nie, maar ook van buurdorpe, kom hier bymekaar om sosiaal teen mekaar te speel.

As jy kan skaak speel en die spel geniet – kom speel dan Woendagaande vanaf 18:00 saam by Dassiepad in Parys se hoofstraat. Spelers, nie net plaaslik nie, maar ook van buurdorpe, kom dan hier bymekaar om sosiaal teen mekaar te speel.

As jy belangstel om saam te speel, stuur gerus ‘n boodskap na Danny Botes by 071 341 8482, sodat jy by die WhatsApp-skaakgroep ingesluit kan word. Op die groep word weekliks kommunikasie oor die Woensdagaand se spel gedeel, en is dit makliker om op hierdie manier seker te maak genoeg tafels word bespreek vir spelers wat die Woensdagaand kom speel.

Daar is geen koste nie. Bring net jou eie bord en skaakstukke, en kom geniet die aand saam met ander wat ook die spel geniet.
Die spelers is nie verbonde aan ‘n klub nie, en speel nie wedstryde nie. Dit is bloot om die spel te geniet, en geleentheid te gee om teen ander spelers te speel.

Related Articles

Back to top button