News

Grafskending: Seuns weer in Desember in die hof

Die drie seuns tussen die ouderdom van 12 en 14 jaar, wat aangekeer is vir die grootskaalse grafskending in die Vredefort-begraaplaas, het verlede week vir die eerste keer voor die landdroshof in Vredefort verskyn. Hulle moet weer op 14 Desember in die hof wees. Die saak is uitgestel vir die saamstel van maatskaplike verslae. Hulle …

Die drie seuns tussen die ouderdom van 12 en 14 jaar, wat aangekeer is vir die grootskaalse grafskending in die Vredefort-begraaplaas, het verlede week vir die eerste keer voor die landdroshof in Vredefort verskyn. Hulle moet weer op 14 Desember in die hof wees. Die saak is uitgestel vir die saamstel van maatskaplike verslae. Hulle is nie gevra om te pleit nie.

Die drie is vasgetrek na ‘n spanpoging tussen die polisie, die gemeenskap en boere van Vredefort nadat kameras in die begraafplaas opgesit, en die verdagtes so op heterdaad betrap is.

Meerderheid grafstene in die Vredefort-begraafplaas is sedert begin September in veral die nuwe deel van die begraafplaas, maar ook die ouer gedeelte van die begraafplaas omgegooi en gebreek.

‘n Daad wat nie net skade van duisende aangerig het nie, maar geweldige emosionele pyn vir families veroorsaak het wat n tweede keer gebroke voor n graf moes staan.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button