News

Klok lui ‘n laaste keer vir matrikulante

Mag hierdie eksamen die vrug wees wat gepluk word vir die harde werk wat ingesit is om hierdie laaste treë van die wedloop te kan voltooi. 

Met die lui van die klok as simboliek om die einde van hul skoolloopbaan aan te kondig, het matrikulante van Hoërskool Parys vandag, Vrydag 20 Oktober, hul laaste amptelike skooldag gehad. Die klokseremonie is ook deur ouers van die matrikulante bygewoon wat ‘n besondere geleentheid vir elkeen van die matrieks was.

Hoërskool Parys se hoofleiers lui vir oulaas die klok aan die einde van hul skoolloopbaan.

Die seremoniële lui van die klok is ook tradisie vir graad 8 leerders wanneer hulle hul skoolloopbaan by die skool begin.

Die eerste matriekeindeksamenvraestel vir Rekenaar Toepassings Tegnologie (RTT) en Inligtingstegnologie  word reeds op 24 Oktober geskryf. Die volgende vraestelle sal dan vanaf 30 Oktober geskryf word.

Verskeie hoofleiers van ander skole in Parys was ook vanoggend by Hoërskool Parys waar matrikulante hul eksamenbelofte onderteken het.

Ons wens elkeen van ons matrikulante net die beste toe vir die eindeksamen. Mag elkeen van julle net die mooiste herinneringe koester van die afgelope twaalf jaar op die skoolbanke, en mag hierdie eksamen die vrug wees wat gepluk word vir die harde werk wat ingesit is om hierdie laaste treë van die wedloop te kan voltooi.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button