News

En siedaar – die eerste slotte hang aan dié spograam

Aitsa - die brug lyk spoggerig!

As jy weer ‘n draai in Parys maak, maak seker jy draai by die dorp se bekende hangbrug oor die Vaalrivier want dié statige toerismejuweel sal jy nie ken nie.

Hier is reggemaak en mooi gemaak vir weke lank danksy ‘n inwoner van die dorp, Stephanie Fourie, en ‘n handjievol werkers met die steun van borge.

Om jou besoek ekstra spesiaal te maak, is dit nou netjies geplavei om die hangbrug met ‘n raam waar jy jou slot kan hang om dié besoek te onthou. Die eerste slotte hang reeds, maar onthou geen slotte mag  aan die brug se kabels of die draad weerskante van die loopvlak van die brug gehang word nie.

Kom ons help om die werk wat hier gedoen is,  netjies te hou vir die talle besoekers wat naweek vir naweek na dié Vrystaatse dorpie stroom.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button