News

Nuwe hamergooisirkel vir Viljoenskroon

Hierdie kinders het ook reeds 'n 3-dag kliniek bygewoon om hulle vaardighede en tegnieke in die sport op te skerp met die oog op die nuwe atletiekseisoen.

Hoërskool Salomon Senekal het Donderdag, 28 September hul splinternuwe hamergooisirkel geopen. Atlete, ouers, afrigters, beheerliggaamslede en borge het hierdie spesiale geleentheid bygewoon.

Die lint is deur Tshepang Makhethe, huidige SA-Senior manshamergooikampioen, geknip waarna hy en Derek Groenewald en Marizelle Geyser, die skool se SA hamergooi-atlete, die openingsgooie gegooi het.

Hoërskool Salomon Senekal het aan die begin van September met hulle eie hamergooi akademie begin.

Die doelstelling is om die skool se hamergooi-atlete ‘n voorsprong te gee deur middel van vroeë identifisering van talent en hulle dan betyds te begin voorberei deur middel van spesialis- asook skoolgebaseerde afrigting.

Volgens die skoolhoof, mnr. Benton Nortman is daar tans 22 leerders wat deel vorm van die akademie en twee maal per week oefensessies bywoon.

Hierdie kinders het ook reeds ‘n 3-dag kliniek bygewoon om hulle vaardighede en tegnieke in die sport op te skerp met die oog op die nuwe atletiekseisoen.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button