News

Viljoenskroon-tak verf padmerkers by 19 stopstrate

Dorp baat by die aksie

 

 

 

Die AfriForum-tak in Viljoenskroon het hierdie week padmerkers by 19 stopstrate (sewe kruisings) in dié dorp geverf. Die padmerkers is by hierdie kruisings geverf: Campbell- en Engelbrechtstraat, Campbell- en Denyssenstraat, Campbell- en Piet Retiefstraat, Kerk- en Denyssenstraat, Denyssen- en McGregorstraat, Campbell- en Viljoenstraat en Viljoen- en Kerkstraat.

 

Hierdie aksie maak ’n reuseverskil aan die veiligheid van die dorp aangesien heelwat van die stoptekens weg is of só verbleik is dat dit nie duidelik sigbaar is nie. Dit was veral gevaarlik vir besoekers wat nie die dorp goed ken nie.

 

“Hierdie was ’n reuse-poging van die tak se kant af om ’n  daadwerklike verskil in die dorp maak. Dit is baie belangrikheid vir die veiligheid in die strate en ek is baie dankbaar dat die tak hierdie poging aangewend het,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button