NewsNews

Klerksdorp-munisipaliteit erken onwettige verandering van Groot Trek-monument

Die FAK eis dat die munisipaliteit steeds die Groot Trek-gedenksteen herstel en tot sy volle eer vervang vanwaar hy onwettig verwyder is

 

Die Matlosana-munisipaliteit het erken dat hulle onregmatig en onwettig die Groot Trek Eeufeesgedenkmonument verander het toe die plaaslike munisipaliteit ’n gedenksteen van amptenare wat aan Covid-19 gesterf het, teen die agterkant van die gedenksteen opgerig het.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het in ‘n verklaring gesê hy veroordeel ten sterkste die miskenning en verandering van Afrikanererfenis en het op 29 September ons misnoeë uitgespreek en ’n petisie van stapel gestuur om dié munisipaliteit tot aksie te dwing om die gedenksteen te verwyder en die oorspronklike Groot Trek-gedenkplaat weer te herstel.

Aanvanklik het die munisipaliteit dié aksie verdedig en gesê dat die Covid-19-gedenkplaat aan die agterkant van die Groot Trek-monument opgerig is, sê de FAK

Jaco Cilliers, kultuurhoof van die FAK, verduidelik dat hierdie verduideliking geensins water dra nie.

“ As ons as die FAK, of enige ander kultuurorganisasie, ’n monument wil restoureer moet ons eers aansoek doen vir die nodige permitte. Indien iemand die aard van ’n monument wil verander, of die herdenkingsgedagte daarvan verander, moet dit dan nie juis soveel te meer onderhewig wees aan ’n wetlike proses nie?”

“Die FAK het geensins ’n probleem dat die munisipaliteit eer wou betoon aan hul afgestorwe amptenare nie, maar hulle moes ’n eie en unieke gedenkmuur opgerig het,” is in die verklaring gesê

Kelebogile Moleko, ’n woordvoerder van die Matlosana-munisipaliteit, het ’n boodskap uitgereik waarin die uitvoerende burgemeester erken dat die munisipaliteit onwettig opgetree het.

“Die uitvoerende burgemeester van die Matlosana-munisipaliteit neem kennis van die kommer wat die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) geopper het oor die gedenkplaat van die munisipale werknemers wat aan Covid-19 gesterf het, wat op die Groot Trek-gedenkmonument opgerig is. Dit was ’n oorsig van ons kant af en ons is besig om dit reg te stel. Ons is spyt oor die oorsigsfout en vra om verskoning.”

Amptenare is op 3 Oktober verskeie kere gekontak en kon nie vir verdere kommentaar bereik word nie., sê de FAK

“Die FAK eis dat die munisipaliteit steeds die Groot Trek-gedenksteen herstel en tot sy volle eer vervang vanwaar hy onwettig verwyder is,” sê Cilliers.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button