News

Stemme tel vir Vivienne in streekfinaal

Vivienne het reeds in die eerste ronde met haar Afrikaanse monoloog die gesogte ‘clean sweep badge ‘ ontvang.

Parysenaars sal op 21 Oktober om 13:00 aanlyn kan stem vir Vivienne van der Schyff in die “Youth Africa” kategorie van die World Monologue Games streekfinaal.

Die skakel waar jy sal kan stem vir Vivienne is

https://www.youtube.com/watch?v=6JS9bR3yJ80

Vivienne het reeds in die eerste ronde met haar Afrikaanse monoloog die gesogte ‘clean sweep badge ‘ ontvang. Boonop was sy die enigste Suid-Afrikaner, en een van net ses deelnemers wêreldwyd aan wie die toekenning deur die beoordelaars toegeken is na afloop van die eerste uitdunrondte.

Die indrukwekkende toekenning word slegs gemaak aan deelnemers wat volpunte van die beoordelaarspaneel kon kry – ‘n prestasie wat selde behaal word, en ‘n eerste was vir Suid-Afrika – dit boonop met ‘n Afrikaanse monoloog. Haar monoloog handel oor ‘n meisie wie se ma aan kanker gesterf het.

Die karakter wat sy vertolk is geskep deur die Suid-Afrikaanse skrywer Pierre-Andre Viviers.

Die wenners van in al ses kategorieê ontvang na afloop van die streeksuitdunne kontantpryse en ‘n podiumplek by die prestige Global Finals wat in Desember gehou word.

Vivienne is tans ‘n leerder van Eunice High School for Girls, en ‘n student van die Linda Theron Drama Studio.

Related Articles

Back to top button