News

Kom kyk na die voëls van die Kruger

Kom kyk na die voëls van die Kruger

Feathers Voëlklub se volgende byeenkoms is Donderdag, 28 September om 18:30 by die Sally Martin Park saal.

By die geleentheid sal Martin en Lorinda Wolmarans kom gesels oor hul September besoek aan die Kruger Nasionale Park. Hulle sal ook ‘n paar van die foto’s wys wat met die Palmietkuil-besoek geneem is.

Tydens die klub se Augustus-uitstappie na Palmietkuil naby Vredefort, is daar al bibberend 60 voëlspesies aangeteken. Al was dit baie koud, het almal die geleentheid baie geniet.

Die weer is stadig besig om te draai, en Saterdag, 30 September word Rietpoort Cottage weer besoek.

Belangstellendes sal om 06:30 vanaf die PnP-parkeerterrein vertrek. Onthou jou piekniekmandjie, verkyker en stoel. Almal
wat belangstel in ons voëllewe, is welkom om die geleenthede by te woon. Vir nadere inligting oor Feathers skakel Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306, of Peter Killian by 083 625 8100.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button