News

Vermiste man gevind na hy verdwyn toe hy gaan werk soek

Hy was ongedeerd en is herenig met sy familie

Die 28-jarige Tinus Nel van Sasolburg wat sedert Julie vanjaar vermis was, is veilig gevind.
Volgens polisiewoordvoerder, sers. Josephine Rani, is ‘n man wie se beskrywing ooreengestem het met dié van Tinus op Woensdag 20 September in John Vorsterstraat gesien deur die ondersoekbeampte, speur-knst. Maartens, en a.o. Engelbrecht.
Hy is daarna deur sy ma positief geïdentifiseer as haar vermiste seun.
Tinus het na bewering ten tyde  van sy verdwyning sy huis verlaat om in Alberton vir werk te gaan soek, en het eers na Sasolburg teruggekeer die dag wat hy gevind is, het sers. Rani bevestig.

Related Articles

Back to top button