News

Tagtigjarige oorleef by-aanval

Die spoedige optrede van ‘n groep mense by Kleinplaas en die ingryping van die nooddienste, het verseker dat ‘n 80-jarige man Donderdag, 14 September ‘n aggressiewe bye-aanval oorleef het.

Die spoedige optrede van ‘n groep mense by Kleinplaas en die ingryping van die nooddienste, het verseker dat ‘n 80-jarige man Donderdag, 14 September ‘n aggressiewe bye-aanval oorleef het.

Die voorval het omstreeks 10:00 gebeur.

Die een oomblik het Eben Boshoff nog saam met twee van sy werkers bourommel afgelaai, maar toe hy weer kyk, was hy deur ‘n swerm bye oorval en moes hy om sy lewe veg. Een van die werkers het per ongeluk rommel op die byenes gegooi wat in ‘n leë motorband in die veld gelê het.

“Ek het geskree ‘help help’ en gewaai en op my ouderdom probeer weghardloop, maar ek is nie so vining soos my werkers nie. Gelukkig het alles deur die Here se genade saamgeloop dat daar ‘n paar wonderwerke gebeur het,” vertel Eben die afgelope Vrydag, slegs ‘n dag na die aanval.

Ryno Verster, eienaar van Kleinplaas Sports Arena, Carien Venter, eienaar van Olive Garden en Shaun Leach, eienaar van Le Tour Cycles het in ‘n kwessie van vyf minute saamgespan en vir Eben gehelp om die bye af te weer en mediese hulp te kry.

 

“Ek is baie dankbaar vir die nooddienste wat my so goed soos enige dokter behandel het. Hulle het al die angels uitgetrek, my bloeddruk getoets en seker gemaak ek was in ‘n stabiele toestand voordat hulle my Potchefstroom Hospitaal toe geneem het. Nadat ek medikasie ontvang het, is ek later daardie middag teen 15:00 ontslaan. Alles was in die Vader se hand,” noem Eben.

Lees die volledige berig in Potchefstroom Herald

https://potchefstroomherald.co.za/131675/man-80-oorleef-honderde-bysteke/

Related Articles

Back to top button