News

Inspeksiebesoeke in Koepel gedoen vir UNESCO-verslag

Die Koepel is die enigste voorbeeld van ’n volle geologiese profiel van ’n impakkrater wat onder die kratervloer is.

Die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing, Bewaring en Toerisme in die Noordwes Provinsie, het gedurende die eerste week van September grondeienaars in die Vredefort Koepel besoek as opvolginspeksie om ‘n evaluasie te doen van hoe dié prag wêrelderfenisgebied bewaar word in terme van ontwikkeling en watergebruik in die gebied. Daar is spesifiek gekyk en opgevolg word oor die nakoming en nie-nakoming van nasionale en provinsiale wetgewing.

Die vorige inspeksie van die departement was in 2020.

Die Vredefort Koepel beslaan ’n kerngebied van 30 000 hektaar met ’n 5km buffersone van 14 422 hektaar, en sluit in 150 eiendomme in privaatbesit en 4 eiendomme in staatsbesit.

Die besoek was nodig om die jaarlikse verslag aan UNESCO te kan lewer oor ontwikkeling in die Vredefort Koepel Wêrelderfenisgebied in die State of Conservation verslag wat jaarliks in Desember ingedien word.

Omdat ontwikkeling in die gebied ‘n bedreiging kan inhou vir die Vredefort Wêrelderfenisgebied, word kwartaallikse
verslae van ontwikkelingsaansoeke ook ingedien by die Nasionale Departement van Bosbou, Vissery en Omgewing. ’n

Belangrike aspek waarna gekyk word is ook besoedeling van die Vaalrivier omdat dit ‘n wesenlike en ernstige bedreiging
inhou vir die gebied met nasionale en internasio- nale aandag wat hieraan gegee word om ekologiese en biologiese verliese te voorkom.

Gedurende 2019 is die Blue Deal Project begin wat juis fokus op besoedeling van die Vaalrivier, en die opgradering van watergehalte indie Vredefort Koepel-gebied. ‘n Deel van die uitkoms van die projek is om nakoming te monitor van watergebruikers in terme van die nasionale waterwet, en om op te tree teen diegene wat nie gehoor sou gee aan
die bepalings van die wet nie.

Die nasionale departement van Waterwese en Sanitasie en die Dutch Water Authority (DWA) is die projekleiers met die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing, Bewaring en Toerisme in die Noordwes Provinsie as een van die
rolspelers vir die implementering van die projek.

Meer oor die Vredefort Koepel
Die Vredefort Koepel, ongeveer 120 km suidwes van Johannesburg, langs Parys, is ’n verteenwoordigende gedeelte van ’n groter meteoriet impakstruktuur en dateer 2,023 miljard jaar terug in die planeet se geskiedenis. Dit is die planeet se
oudste impakkrater en, met ’n radius van 190 km, ook waarskynlik die grootste en diepste.

Die Vredefort Koepel konstitueer getuienis van die aarde se grootste enkele energievrystellende gebeurtenis met massiewe gevolge vir ons planeet – sommige moontlik bydraend tot ons kennis en begrip van ons planeet se evolusionêre geskiedenis.

Die Koepel is ook die enigste voorbeeld van ’n volle geologiese profiel van ’n impakkrater wat onder die kratervloer
is. In Junie 2005 het UNESCO die Koepel as ’n Wêrelderfenisterrein gelys.

Volgens Willem Janse van Rensburg, voorsitter van die Noordwes Grondeienaarsvereniging, is die twee grondeienaarsverenigings in die Vrystaat en Noordwes asook die Koepel Bewarea, in onderhandelings met die Regeringsowerhede om die nasionale proklamasie van die Koepel as ’n Nasionale Erfenisterrein te verseker en te bespoedig.

Die nasionale World Heritage Convention Act, 1999 sal van toepassing wees op die Koepel en toepassing in samehang met Suid-Afrikaanse wetgewing, regulasies en juridiese instrumente, het hy gesê.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button