News

Weiveld Rally laat waai deur moddergate en mieliande

Die Weiveld Boerevereniging-saal is die plek om te wees Saterdag. Ry verby Hinterland op die Weiveld/Dover-pad tot by die Weiveld-kruising. Draai links en dan sal jy die saal 5 km verder op regterkant sien.

Saterdag gaan die modder spat en die stof deur die mielielande trek as die nagenoeg 300 deelnemers weer die jaarlikse Weiveld Rally pretuitdaging aanpak.

Die Rally word sedert 2013 aangebied, en gaan die fondse wat met vanjaar se Rally ingesamel word, vir Parys se rugbyklub.
Dit beloof ‘n dag vol pret vir die hele familie te wees – of jy saamry of net kom ondersteun – aksie en pret gaan daar hope van wees.

Hekke open om 07:00 met die motorfietse wat om 08:00 sal brul by die wegspring by die Weiveld Boerevereniging-saal. Die motors wat deelneem spring tussen 08:30 en 10:30 weg.

Langs die 35 km roete verby plaasdamme en moddergate, word daar by 16 verskillende stalletjies gestop waar verskeie speletjie-uitdagings op die deelnemers wag.

 

Sodra al die deelnemers terug is by die Weiveld Boerevereniging-saal wat die wegspring en eindpunt is, is dit tyd vir die spoedvrate se Quarter Mile uitdaging wat om 15:00 gehou word.
Hier word gekyk wie die vinnigste die kwartmyl tussen die mielielande kan ry. ‘n Uitdaging vir die waaghalsiges en die ‘adrenalien junkies’!

Die prysuitdeling, veiling en lekker kuier vind plaas vanaf 17:00.

Bring jou koelboks en ‘n vleisie vir die kole vir die braai en kuier, of kom ondersteun die kosstalletjies met allerlei lekkernye deur die dag.

Die Weiveld Boerevereniging-saal is die plek om te wees Saterdag. Ry verby Hinterland op die Weiveld/Dover-pad tot by die Weiveld-kruising. Draai links en dan sal jy die saal 5 km verder op regterkant sien.

Inskrywings om deel te neem aan die Rally kos R100 per motorfiets, R150 per voertuig wat die voertuigbestuurder insluit, en R50 per persoon vir ander insittendes in die voertuig.

Mense met navrae oor die Rally kan 071 876 7476 skakel.

Related Articles

Back to top button