News

Nuwe Viljoenskroon-takbestuur gereed om uitdagings te pak

Die nuwe span is vol geesdrif en wil graag verbetering op verskeie vlakke in Viljoenskroon bewerkstellig.

 

AfriForum se Viljoenskroon-tak se nuwe bestuur is pas aangewys en dié groep is slaggereed om uitdagings in dié dorp te takel. Boet Wienand is verkies as voorsitter en Benton Nortman as ondervoorsitter. Lynne Griesel sal dien as sekretaresse en MG van Niekerk as tesourier, terwyl Ali Bam en Attie Barnard verantwoordelik is vir plaaslike regeringsake en Francois Vos leiding gaan neem met omgewingsake.

Die nuwe span is vol geesdrif en wil graag verbetering op verskeie vlakke in Viljoenskroon bewerkstellig. Die bestuurspan het reeds bepaal dat kwessies soos skoonmaakaksies, instandhouding van verkeerstekens, noodwaterpunte en munisipale aangeleenthede prioriteit sal geniet.

 

“Dis lekker om ’n entoesiastiese span op die bestuur te hê. Ek is oortuig daarvan dat hulle met die samewerking van die gemeenskap ’n groot verskil in Viljoenskroon sal maak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

I

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button