News

Meer waentjies en meer hande om Parys skoon te hou

Naas vullis wat opgetel word, help die MooiParys-span om sypaadjie-gras te sny, en onkruid met gifdoder te spuit. Vrydag is daar ook weer skoongemaak in die ou begraafplaas langs die hoofstraat.

MooiParys het verlede week sewe splinternuwe vulliswaentjies in ontvangs geneem wat deur Du Toit, Butler & Olckers Prokureurs, en Butler Mohapi Porkureurs geborg is. Danksy die groot en baie welkome skenking stel dit MooiParys in staat om meer gereeld die middedorp en hoofstraat van Parys skoon te maak, sê Braam Celliers van MooiParys.
MooiParys het vantevore net twee vulliswaentjies gehad waarvan een tans stukkend is. Met die nuwe waentjies is daar werk geskep vir ses mense.

Naas vullis wat opgetel word, help die MooiParys-span om sypaadjie-gras te sny, en onkruid met gifdoder te spuit.
Vrydag is daar ook weer skoongemaak in die ou begraafplaas langs die hoofstraat.

Braam Celliers en die span van MooiParys saam met Shanelle Olckers en Conrad Butler van Du Toit, Butler & Olckers Prokureurs.

Om hierdie groot taak om die hoofstraat en middedorp skoon te hou, weekliks vol te hou, kos heelwat aan brandstof vir die bossiesnyer, gif om die onkruid te spuit, lone en etes vir die span.

Dalk wil jy kom help as daar Saterdag, 9 September weer ‘n groot gemeenskap skoonmaakaksie gehou word vanaf 08:30 by die dorpsingang vanaf Sasolburg-kant oorkant Casa Cara.

Bring net jou glimlag, gewillige hande, en ‘n paar plastiese handskoene as jy het, en kom help.

As jy nie kan help nie, kan jy dalk ‘n bydrae gee om MooiParys as nie-winsgewende organisasie finansieel te ondersteun om die werk wat hulle reeds ‘n geruime tyd doen om Parys skoon en netjies te hou, voort te sit. Enige bydrae is welkom, ongeag hoe klein.

Gebruik die volgende bankbesonderhede: MooiParys, Absa, 005920, tjekrekeningnommer 410 5545 894.
Jy kan ook MooiParys by 072 779 4079 skakel of stuur ‘n e-pos na info@mooiparys.co.za

Related Articles

Back to top button