News

Herrie oor slotte, maar kyk hoe spoggerig lyk die brug nou

Een van die positiewe voorstelle wat gemaak is, is dat 'n reëling by die parkeerarea by die brug opgesit moet word waar mense hul slotte kan hang, pleks van aan die brug omdat die gewig van die honderde slotte lankal kommer wek.

Ry weer ‘n slag verby Parys se bekende staal hangbrug oor die Vaalrivier, en jy sal aangenaam verras wees om te sien hoe dit nou hier lyk. Dit danksy ‘n inwoner, Stephanie Fourie, wat die inisiatief geneem het om hier skoon en netjies te maak. Sy het gaan raad vra oor die verf van die brug, en is die bal net hier aan die rol gesit. Individue en sakelui het haar inisiatief ondersteun, en is nie net die verweerde draad weerskante van die loopvlak van die brug vervang nie, maar los panele op die brug se loopvlak ook vasgesit om seker te maak die brug is veilig vir die talle toeriste wat veral oor naweke dié brug besoek.

Die hele brug is geverf, padmerke netjies oorgedoen, die geverfde straatname op die randstene oorgedoen, gate toegemaak, en word daar daagliks in die hele omgewing van die hangbrug skoongemaak.

Selfs die vloedskade waar die rivierwater die grond onder die pad uitgekalwe en laat inval het, is reggemaak. en betaal om ‘n elektriese kabel te herstel met die hulp van die Ngwathe munisipaliteit wat die arbeid voorsien het.

 

So het dit by die hangbrug gelyk voordat hier skoon en reggemaak is. 

En so lyk dit nou

Dit was weke se harde werk wat op eie koste sonder enige bydrae van die munisipaliteit gedoen is ter wille van toerisme

Maar die regruk by die hangbrug het Dinsdag ‘n hele herrie op sosiale media veroorsaak toe uitgevaar is oor van die slotte wat van die brug verwyder is.

Van die honderde slotte wat oor jare aan die brug gehang is, 

Maar dit is net die erg geroeste slotte aan die draad wat vervang moes word, wat geknip is, sê die span wat hier gewerk het – nie al die slotte nie, en ook nie die slotte aan die kabels nie. Daar is steeds honderde slotte aan die brug.

“Die verwydering van van die erg geroeste slotte op die draad was nie bedoel om disrespekvol teenoor enige iemand te wees nie, en is daar begrip vir die sentimentele waarde van die slotte wat oor jare aan die brug gehang is, het Judy Aube Dinsdag in ‘n skrywe op Facebook verduidelik. Sy het in antwoord op die kommentaar gesê dat die dit slegs gedoen is om seker te maak die brug wat oor jare verweer, steeds veilig sal wees vir voetgangers.

Sy het ook gevra dat mense die opknapping en herstel van die hangbrug en omgewing as positief vir die dorp sal sien, en met idees vorendag moet kom van wat nog hier gedoen kan word om mooi te maak.

Slaggate is toegemaak. 

Padmerke en straatname is weer geverf. 

Daar word daagliks by die hangbrug en omgewing skoongemaak. 

Een van die positiewe voorstelle wat gemaak is, is dat ‘n reëling by die parkeerarea by die brug opgesit moet word waar mense hul slotte kan hang, pleks van aan die brug omdat die gewig van die honderde slotte lankal kommer wek.

Die verfraaiing van die dorp was reeds in aanloop tot die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie beplan, en is dit wat die afgelope drie weke hier by die hangbrug gedoen is, ‘n bewys van wat gedoen kan word as ‘n gemeenskap hande vat.

Inwoners van Parys het in 2013 en in 2020 ook hande gevat om hier by die hangbrug reg te maak waar vandale en morsjorse gereeld doenig is. Die betonbankies en inligtingsbord met wat bekend is van die geskiedenis van die brug, asook inligting oor voëllewe hier was deel van hierdie gemeenskaps-inisiatiewe wat alles uit eie sak gedoen word.

Related Articles

Back to top button