News

Dankie, dankie, dankie Parys!!!!

Dit is wat van Parys se gemeenskap so 'n ongelooflike gemeenskap maak

Nadat daar  Donderdag 31 Augustus nog net 10 eenhede bloed ingesamel is teen net voor 16:00 met die mobiele skenkerskliniek in Parys, het skenkers in die dorp toe daar ‘n dringende pleidooi van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens op sosiale media geplaas is, blitsig reageer om te help.

Nie minder nie as 40 eenhede bloed is ngesamel – meer as die gewone hoeveelheid wat gekry word wanneer die Bloeddiens op ‘n Donderdag in Parys sou wees.

Dankie, dankie Parys vir sulke ondersteuning. Dit is ‘n ongelooflike gemeenskap wat so kan saamwerk!

Onthou die Bloeddiens is weer volgende week Dinsdag 12 September in Parys.

Related Articles

Back to top button