News

Skep asem en wees die gelukkigste weergawe van jouself

Kom vat die leisels vas want elke vrou verdien 'n oomblik van asemskep.

Vrou-wees en ma-wees kan jou laat voel soos ‘n vlieg in ‘n pot stroop. Hoe meer jy vorentoe beur deur die eise van elke dag, hoe meer tap jy jou eie energie in die wurggreep van Facebook- en Instagram-perfeksie. So ver verwyder van die gejaag tussen min slaap, huiswerk, loop neuse, werk en skoolwerk.

Kom skep net weer asem in die wete dat dit ok is om nie ok te voel nie. Dat baie vroue voel soos jy – oorweldig, moeg en met dieselfde uitdagings, bekommernisse en vreugdes as jy.

Op Donderdagaand 21 September om 18:30 vir 19:00 kom gee Gretha Wiid en Hendri Slabbert asemskep oomblikke vir elke vrou wat vandag worstel met die ‘struggles’ en hoë eise van vrou-wees.

Kom geniet ‘n aand in pastelkleure waar jy weer perspektief kan kry op die lewe met die inspirerende tema, “Leef in Oorvloed”. Die aand word aangebied by Casa Cara en daar is voorsiening gemaak vir kinderoppassers sou jy nie ‘n heenkome vir jou kinders vir die aand het nie.

Gretha kom gesels oor verhoudings en kommunikasie terwyl Hendri fokus op die belangrike konneksie wat daar is tussen liggaam, siel en gees.

In die sestien jaar wat Hendri fiksheidsinstrukteur is en met mense werk, kry hy daagliks met vroue in die bedryf te doen met seer. Vroue wat loop met skuldgevoelens. Wat oorlaai is en worstel met ‘n gevoel van hopeloosheid, bekommernis oor ons land, kinders, huwelike, finansies en soveel meer. Dit is juis hier waar ‘n gesonde denkwyse, ‘n gesonde siel, gesonde liggaam, jou roeping in die lewe en gesonde verhoudings die vyf pilare is wat vroue regop hou te midde van besige dae en hoë verwagtinge.

Kom vat die leisels vas en wees die gesondste en gelukkigste weergawe van jouself wat jy kan wees.
Gesels met Hilke by 072 552 5031 of Hendri by 072 685 1849 om jou kaartjie te kry vir die damesaand. Slegs 250 kaartjies is beskikbaar – moenie wag nie, want elke vrou verdien ‘n oomblik van asemskep.

Related Articles

Back to top button