News

Parys se kinders trap wild by bergfietsliga-byeenkoms

Leerders wat belangstel om hul onderskeie skole in dié sport te verteenwoordig, kan 'n WhatsApp boodskap na Attie Koekkemoer by 082 335 3358 stuur.

Bergfietsry bevat al die bestanddele om kinders opgewonde te maak. Dit is fietsklouter teen koppies uit, jaag
op kronkelpaadjies, en soms ook wild deur die lug trek.

Sestien kinders van Parys het aan die Vrystaat Skole Bergfietsliga se tweede byeenkoms in Bethlehem deelgeneem.
Nie net is dit ‘n rekordgetal kinders van Parys nie, maar ook ‘n rekord aantal skole van Parys wat verteenwoordig was.

Hoërskool Parys het gespog met ‘n span van sewe leerders, en ook ‘n algehele derde plek verower. Hul beste resultaat het gekom van Jannes Koekemoer wat met die bronsmedalje in
die Junior-afdeling weggery het. Naas Jannes het Keagan Malan, Mbulelo Mbalo, Melite du Plessis, Krayton Smit, Trevino Barda en Elmar Vosloo vir Hoërskool Parys gery.

Parys Primêr het twee deelnemers gestuur – Riko Vorster en Onthantile Molete.
Riko het met ‘n blitsige derde plek in die Sub-Junior afdeling gespog. Ander skole wat verteenwoordig was, was Schonkenville Intermediate School (Colin Rantekane), Phehellang Secondary School (Theo Phele), Barnard
Molokoane Secondary School (Boitshepo Mokone), Selogilwe Primary School (Tharollo Saale en Katleho Mohanyane), Sindekile Primary School (Percy Mqosana) en Dome Primary School (Onka Makhoti). Die
kinders word ondersteun en afgerig deur die span afrigtersvan die Big Rock Fietsryskool van Parys.

Die derde Vrystaat Ligabyeenkoms is op tuisbodem en vind plaas by die Koedoeslaagte Trail Park net buite die
dorp. Die beplanning is om dosyne kinders in te skryf om hierdie geleentheid ten volle te benut vir Parys se fietsryers om hul merk te maak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button