NewsNews

Dit kook in dié gat

Komaan moenie uitmis op die pret vamdag nie

As jy nou aksie wil sien moet jy n draai vandag, Saterdag 26 Augustus, by Stonehenge net buite Parys maak.

Hier is aksie en pret vir die hele gesin. Van die 4 x 4 modder klou en grou tot n verskeidenheid van kunstenaars, stalletjies en als en wat nog om jou kake besig te hou terwyl jy kyk en luister wat vandag hier gebeur.

 

Hier is die nuutste te sien vir jou volgende buitelug avontuur, n luggeweer skyfskiet kompetisie met fantastiese pryse, en verskeie fiksheid uitdagings waarmee jy jou bydrae kan gee teen geslagsgeweld.

Daar is ook n F1 simmulator vir die kinders en lekker treintjieritte en springkastele.

Komaan moenie uitmis op die pret nie en onthou die modelkompetisie kroning om 16:00.

IMG_6987²

Kaartjies kos R80 vir volwassenes, R50 vir pensioenarisse en kinders tussen 6 en 12 jaar betaal R40. Kinders onder 6 jaar kan die dag verniet kom geniet.

Related Articles

Back to top button