News

Taai stryd agter die stuur en nuwe wenners vir Parys 400

Twee dae en twee agtereenvolgende nasionale wedrenne in die 2023 Suid-Afrikaanse Tydren-kampioenskap, het gesorg vir ongelooflike aksie en bestuursvernuf wat tot die uiterste getoets is met die Parys 400 wat die afgelope naweek in Parys beslis is. Soos verwag het rondte 4 en 5 nie minder naelbyt-oomblikke gehad as die vorige rondtes nie.

 

Henk Lategan en spanmaat Brett Cummings was Vrydag eerste uit die wegspringblokke, vir die wedren met droë en stowwe- rige toestande wat sig belemmer het. Rondte 4 van die seisoen was ‘n Pirelli-kwalifise- rende wedren van 22 kilometer, gevolg deur die hoofwedren, wat om 09:30 vanaf die AfriDome begin het, en deelnemers wat twee 165 kilometer rondtes elk moes voltooi oor klipperige terrein en tussen mielielande.

In Klas T1+ was dit die NWM Ford Castrol-span se Gareth Woolridge wat by die aangewese dienspunt aangekom het as die kampioenskapleier. Hy was van die begin af onder druk, maar windstil toestande was vroegoggend teen hom en sy spanmaat, met Toyota Gazoo Racing SA se Henk Lategan en navigator, Brett Cummings wat die beste van hul posisie as die eerste motor in die Pirelli-kwalifiserende wedren gemaak het. Op die ou einde was dit TGRSA se Saood Variawa en navigator, Danie Stassen, wat die tweede vinnigste tyd behaal het.

Hulle het Gareth Woolridge en Boyed Dreyer (NWM Ford Castrol Team T1+ Ranger) agter hulle in ‘n stofwolk gehad in die derde plek; terwyl hul spanmaats, Lance Woolridge en Kenny Gilbert, die vierde vinnigste was. Rally-Raid-veteraan, Giniel de Villiers, het saam met Dennis Murphy (Toyota DKR Hilux T1+) die topvyf afgerond.

Tydens die hoofren het Lategan/Cummings ten volle gebruik gemaak van hul padposisie. Hulle het die hele dag skaars ‘n voet verkeerd gesit, om ‘n oorwinning in Rondte 4 te beklink. Terselfdertyd het spanmaats en verdedigende kampioene, Giniel de Villiers en Dennis Murphy, Lategan/Cummings huis toe gevolg in ‘n tweede Toyota DKR Hilux T1+; terwyl Guy Botterill, wat saam met instaan-navigator, Zaheer Bodhanya, gejaag het, in die derde plek geëindig het.

Saterdag se wedren het bestaan uit ‘n Pirelli-kwalifiserende wedren gevolg deur twee renlusse van 170 kilometer elk.
Henk Lategan en navigator Brett Cummings het die vinnigste tyd opgestel oor die kort roete, maar is hul hoop vroeg in die dag verpletter toe hulle ‘n 5 minute boete gekry het vir laat inklok, na werk aan die ratkas van hul motor ná die Pirelli-kwalifiserende wedren.

Ten spyte van hierdie terugslag het hulle teruggeveg vir ‘n vierde plek algeheel.

Navigasie-uitdagings het TGRSA se Saood Variawa en Danie Stassen op ‘n afstand gehou, met die vinnige jongeling wat slegs die 5de posisie algeheel behaal het. Dit was egter net Variawa se derde nasionale SARRC-byeenkoms.
Woolridge/Dreyer was algeheel derde. Voor hulle was verdedigende SARRC-kampioene, TGRSA se Giniel de Villiers en navigator Dennis Murphy, maar die dag se wedren het onteenseglik gesorg vir ‘n glorie-oomblik vir TGRSA se Guy Botterill en instaan-navigator, Zaheer Bodhanya.

Die span het ‘n byna perfekte wedren gery om Botterill sy eerste SARRC-oorwinning te gee.

Related Articles

Back to top button