News

Vrou steeds ernstig maar stabiel na botsing op Potch-pad

Dankie vir elkeen se gebede en ondersteuning vir die familie sedert die botsing. Dit word opreg waardeer.

Dit gaan onder omstandighede goed met Cherise Joubert van Parys wat steeds in die Baragwanath-hospitaal in die intensiewe sorgeenheid is, na ‘n ernstige motorongeluk Vrydagmiddag op die Parys/Potchefstroom-pad.

Cherise het Maandag ‘n rugoperasie ondergaan, en is haar toestand ernstig maar stabiel. Sy het verskeie beserings in die botsing opgedoen.

Die botsing het sowat 25km vanaf Parys gebeur en is sy met ‘n noodhelikopter van die toneel vervoer.

Dankie vir elkeen se gebede en ondersteuning vir die familie sedert die botsing. Dit word opreg waardeer.

Related Articles

Back to top button