News

Sulke eerlikheid vandag byna ongelooflik

Jeffery - jy is 'n man duisend wie se goeie daad vandag nie ongesiens verby gegaan het nie.

Wat is die kans dat jy ‘n selfoon en beursie wat op ‘n taxi op pad werk toe, agtergebly het, sal terug kry? Geen kans in vandag se dae is jou eerste reaksie. Maar nee – daar is nog eerlike mense wat ander se belange op die hart dra.

Jeffery Poole het Lydia Mthembu se selfoon en beursie met heelwat kontant in die taxi gekry, en uit sy pad gegaan om op haar foon haar werkgewer se kontaknommer te soek.

Skaars ‘n uur nadat ‘n ontstelde Lydia by die werk gekom het en haar werkgewer vertel het dat sy haar beursie en foon verloor het, het Jeffery se oproep gekom. Hy het vir hulle in die dorp gewag met die beursie met al die kontant nog daarin en die selfoon, wat hy in die taxi opgetel het, en toe seker gemaak het dit kom by die regmatige eienaar uit.

Hy wou nie eens ‘n beloning vir sy weldaad hĂȘ nie, want vir Jeffery is eerlikheid belangriker as geld.

Jeffery jy is ‘n man duisend wie se goeie daad vandag nie ongesiens verby gegaan het nie.

 

Related Articles

Back to top button