News

Vrou se naakte liggaam langs snelweg gevind

DIe polisie vra die hulp van die gemeenskap om te help om haar familie op te spoor

Die polisie vra die hulp van die gemeenskap in die soektog na die familie van ‘n onbekende vrou wie se liggaam Maandagaand op die N1 gekry is.

Volgens polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani, was boere besig om ‘n veldbrand Maandagmiddag 14 Augustus, te blus, toe hulle op die naakte liggaam van die nie-blanke vrou, vermoedelik in haar dertigerjare afgekom het.

Sy het beserings aan haar bene gehad.

Enigeen wat moontlik kan help met inligting wat die polisie sal help om haar familie op te spoor, word gevra om speur-sers. Jaco Venter te skakel by 082 554 3041.

Related Articles

Back to top button