News

Kontrakteurs nou aangestel om dorp se waternood te verlig

Daar word op 21 Augustus begin met die bou en installering van die rugsteun kragopwekker by Parys se watersuiweringswerke.

Die lang beloofde opgradering van Parys se watersuiweringsaanleg, en installering van ‘n rugsteun kragopwekker by die aanleg, gaan uiteindelik gedoen word. Die verwagting is dat die opgraderingsprojek binne die volgende twee weke sal begin, en binne agt maande voltooi moet wees. So het Ngwathe se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, Dinsdag tydens ‘n inligtingsessie aan raadslede, belanghebbendes en die media gesê.

Die kontrakteur, Setshabelo Trading wat saam met De Keer Konstruksie, en DLV Project Managers & Engineers as raadgewende konsultant vir die projek aangestel is, sal gelyklopend met die opknapping van die watersuiweringsaanleg, ook verantwordelik wees vir ‘n projek vir die vervanging van ‘n 15 km asbespyplyn in hoofsaaklik die middedorp van Parys, en die ouer gedeelte van Tumahole. Die kontrakteur, Solar Kasi Company, is vir die bou en installering van die rugsteun kragopwekker by die dorp se suiweringsaanleg aangestel, en begin 21 Augustus met die projek wat binne ses weke na aanvang voltooi moet wees.

Die bou en installering van die rugsteun kragopwekker, vervanging van die asbes pyplyn, en opgradering van die dorp se suiweringsaanleg word deur regeringsbefondsing gedoen, en sluit die R66 miljoen wat vroeër deur departement waterwese en sanitasie hiervoor beskikbaar gestel is, nie die R3 miljoen in vir die koste van die rugsteun kragopwekker nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button