News

Bloulig kapers voor die hof

Die trio word ook met ander voorvalle in Gauteng en Noordwes verbind.

Die drie verdagte Bloulig kapers wat verlede Woensdag, 19 Julie in Potchefstroom gearresteer is, het vanoggend (Vrydag, 28 Julie) vir die eerste keer in die Potchefstroom landdroshof verskyn.

Die saak is vir borgaansoek-doeleindes na Vrydag, 25 Augustus 2023 uitgestel.

Al drie verdagtes bly in aanhouding.

‘n Georganiseerde taakspan het op Woensdag, 19 Julie in Chief Albert-Luthuli-weg in Potchefstroom, op drie misdadigers toegeslaan wat glo by bloulig-kapings en gewapende rooftogte betrokke is.

“Die verdagtes sou na bewering hulleself as polisiebeamptes voorhou en niksvermoedende slagoffers beroof en kaap, terwyl hulle met vuurwapens gedreig word,” het kol Adele Myburgh voorheen genoem.

Die verdagtes, onderskeidelik 43, 39 en 36 jaar oud, is onmiddellik in hegtenis geneem en aangekla vir
die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, die besit van onwettige
vuurwapens, diefstal en roof.

 

Lees meer in Potchefstroom Herald by

https://potchefstroomherald.co.za/129186/bloulig-kapers-se-saak-vir-borgaansoek-uitgestel/

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button