News

Daar word weggedra by Mimosa

Die Mimosa Tuine was vroeër jaar 'n spogoord wat besoekers van reg oor die land na dié Vrystaatse dorp getrek het. 

Daar is die afgelope week ‘n dringende beroep op Ngwathe se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, gedoen om die opskerping van sekuriteit by die Mimosa Tuine onder die aandag van die Direkteur van Gemeenskapsdienste te bring.

Volgens rdl. Saal de Jager is daar die naweek weer onder meer beddens en matrasse weggedra.

In Desember verlede jaar is ‘n grootskaalse regrukaksie in die Mimosa Tuine begin toe die burgemeester met die hulp van twee raadslede, rdl. Modise (wyk 7) en rdl. Tyumbu (wyk 13), saam met vrywilligers uit die gemeenskap na Kersfees begin het om die oord van ‘n kant af skoon te maak.

Al die gras is gesny, die terrein skoongemaak, toilette ingesit, braaigeriewe reggemaak, die speelparkie skoon en netjies, en selfs die kleiner swembad kan weer gebruik word. Ook die verwaarloosde en geplunderde restaurant is binne skoongemaak nadat haweloses vir lank hul intrek hier geneem het en selfs vuur gemaak is in die gebou.

Die projek is moontlik gemaak danksy mense uit die gemeenskap wat hulp aangebied het, en sonder vergoeding hier gewerk het om skoon te maak met toerusting wat deur die munisipaliteit beskikbaar gestel is vir die sny van die gras en snoei van die bome. Die Parys Golf & Country Estate se Huiseienaarsvereniging het ook op eie inisiatief gratis hulp en leiding gegee om die swembaddens weer reg te kry.

Daar is toe gewaarsku dat sekuriteit by die Mimosa Tuine opgeskerp moet word om te voorkom dat diewe en vandale die oord plunder.

 

Related Articles

Back to top button