News

So verloor Ngwathe van sy elektrisiteitsinkomste

Omdat die huidige verskaffingsooreenkoms in September verstryk, het Cigicell toe vereis dat ‘n betalingsooreenkoms gesluit word

Die Ngwathe munisipaliteit se amnestieperiode vir gebrugde meters het 30 Junie verstryk. Hiervolgens kon verbruikers vrystelling kry van boetes wanneer hulle self ‘n gebrugde meter by die munisipaliteit rapporteer.
Dit in ‘n poging om die probleem van gebrugde meters en onwettige elektrisiteitsaankope aan te spreek.

Die Ngwathe munisipaliteit het egter tans geen voorafbetaalde elektrisiteitsmeters om aan verbruikers in
Parys te voorsien nie, sê DA-raadslid, Saal de Jager. Hy het self navraag hieroor gedoen nadat hy ‘n oproep ontvang
het van ‘n inwoner met ‘n foutiewe meter, waarop bevestig is dat daar nie meters vir Parys beskikbaar is nie.

Cigicell wat voorheen die kontrak gehad het om voorafbetaalde elektrisiteitsmeters vir Ngwathe te installeer, het in ongeveer Februarie vanjaar alle dienste aan Ngwathe, behalwe die verkoop van krag namens die munisipaliteit gestaak, omdat
die munisipaliteit nie sy rekening daarvoor betaal het nie, en ook nie die ooreengekome persentasie kommissie op Cigicell se verkope nie.

Op daardie stadium het die munisipaliteit Cigicell sowat R53 miljoen geskuld. Omdat die huidige verskaffingsooreenkoms in September verstryk, het Cigicell toe vereis dat ‘n betalingsooreenkoms gesluit word waarvolgens die skuld in sewe
paaiemente vanaf 30 Maart tot 30 September betaal moes word, sê Vryheidsfront Plus raadslid Phillip van der
Merwe.

Paaiemente sou sowat R7,6 miljoen per maand beloop. Ngwathe het egter nie die ooreenkoms gesluit nie, en Cigicell
het vanaf April vanjaar die betalings wat hulle verlang het beginverreken teen die geld
wat hulle met verkope gevorder het.

Vir April (as voorbeeld) het Cigicell derhalwe slegs R3 672 984,23 aan die munisipaliteit oorbetaal van
die verkope van R9 672 880,00 wat Cigicell gevorder het van verbruikers.

Dieselfde patroon het in daaropvolgende maande geskied. Volgens ‘n verslag wat 4 Julie voor die finansiële komitee
gedien het was daar in Junie vanjaar sowat 9 646 voorafbetaalde meters waarvoor geen krag gekoop was nie.

Die meters is waarskynlik gebrug of andersins foutief, maar die probleem word nie
aangespreek nie omdat Cigicell, wat voorheen die afsny van toevoerhanteer het, daardie diens gestaak het, en
die munisipaliteit totdusver of onwillig is,of nie oor die vermoëbeskik om dit self uit te voer nie, sê rdl. Van der Merwe. Die situasie beteken dat foutiewemeters nie vervangkan word nie, het rdl.De Jager gesê, en bygevoeg dat dit veral gesien in die lig van die amnestie, baie negatief is vir verbruikers.

Rdl. Van der Merwe het gesê dat hy al byverskeie geleenthede sterk kritiek uitgespreek het oor die situasie, en soos rdl.
De Jager aangedring het dat minstens gebrugde meters nou, na verstryking van dieamnestieperiode, dringend aangespreek moet word. Die mening is dat dit binne bereik van die munisipaliteit is om die proses intern te kan hanteer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button