News

Slyp jou kos-en kunstand hierdie Aardklop

Hierdie jaar bied Momentum Beleggings Aardklop smultoere en ‘n Aardklop langtafel aan.

Vanaf 3 tot 8 Oktober vanjaar, bring Momentum Beleggings Aardklop feesgangers bymekaar in Potchefstroom om fees te vier soos dit hoort. Verwag ’n volronde aanbod vir die hele gesin, van teater tot musiek, kunsvlyt, kosstalletjies, gesprekke, visuele kunste en vir die lekkerbek tot fynproewer, iets vir die palet.

Hierdie jaar bied Momentum Beleggings Aardklop smultoere en ‘n Aardklop langtafel aan. Kaartjies vir die smultoere asook die Aardklop langtafel kan by ticketpros.co.za aangekoop word.

Smultoer: Brandefyn en kaaskoek 

Brandefyn, ’n trots Suid-Afrikaanse produk, is gerig op alle fynbesnaardes met ’n aptyt vir avontuur.

Brandefyn vier vrouwees! Soos jy, sag en ongekompliseerd!

Die vervaardigingsproses is soos kuns – die eindproduk ontvou in ’n meesterstuk van aroma en smaak van delikate chenin blanc-kultivars met sagte en egalige geure. Brandefyn praat behoorlik die taal wat die toets van die tong deurstaan!

Tydens hierdie proe word al die sintuie ingespan deur die fyn gebalanseerde kombinasie met delikate kaaskoek. Hierdie unieke kombinasie is ’n kortpad na ekstase!

Kom beleef ’n onvergeetlike tongtoer! Ontdek die verborge kontraste, kompleksiteite en geheime en deel in ’n onvergeetlike smaaksensasie!

Met: Nathan Robinson (uitvoerende sjef by The Roots)

Vervaardiger: The Roots, Potchefstroom Chef Academy at Roots

Moontlik gemaak deur: Brandefyn

Taal: Afrikaans, Engels

Gradering: Geen o.18 (A)

Tydsduur: 60 min.

Venue: The Roots Kapel

Datum en tyd: 3 Okt. 14:00, 16:00 en 18:00; 4 Okt. 12:00, 16:00 en 18:00; 5 Okt. 12:00, 16:00 en 18:00; 6 Okt. 12:00, 14:00 en 18:00; 7 Okt. 12:00, 14:00 en 18:00

Kaartjies: R280

Smultoer: Craft Beer and streetfood

Boetiekbier is die produk van delikate vakmanskap, gebrou op ’n klein skaal deur onafhanklike brouerye. Dikwels word bestanddele plaaslik verkry en word daar van tradisionele metodes gebruik gemaak. Die eindproduk is baie innoverend as gevolg van kreatiewe geur- en stylkombinasies.

Tydens hierdie geleentheid word boetiekbiere gekombineer met eg Suid-Afrikaanse “straatkos” – vinnige, outentieke en sosiale kos! Leef in die oomblik en beleef hierdie flambojante kombinasie!

Met: Brauhaus

Vervaardiger: The Roots, Potchefstroom Chef Academy at Roots

Moontlik gemaak deur: Brauhaus

Taal: Afrikaans, Engels

Gradering: Geen o.18 (A)

Tydsduur: 60 min.

Venue: The Roots Dandelion

Datum en tyd: 3 Okt. 12:00, 16:00 en 18:00; 4 Okt. 12:00, 16:00 en 18:00; 5 Okt. 12:00, 14:00 en 16:00; 6 Okt. 12:00, 14:00 en 18:00; 7 Okt. 10:00, 12:00 en 14:00

Kaartjies: R280

Smultoer: Food Theatre

Food Theatre: Silwerdoekdisse

Geurige disse is allermins net ter wille van oorlewing, dit is ’n integrale deel van kultuur en tradisie. Geen wonder nie dat kos in rolprente gebruik word om verskeie betekenisse oor te dra – dit onthul dikwels diep narratiewe, skep metafore, verklap geheime van karakters en dien dikwels as ’n goue draad in plot-ontwikkeling. Herleef en ervaar kostonele en proe ikoniese en simboliese disse uit flieks! Word meegevoer met ’n toer van ruik, proe, demonstrasies en interessante feite!

Met: Nathan Robinson (uitvoerende sjef by The Roots)

Vervaardiger: The Roots, Potchefstroom Chef Academy at Roots

Taal: Afrikaans, Engels

Gradering: Geen o.18 (A)

Tydsduur: 150 min.

Venue: The Roots Garden Room

Datum en tyd: 6 Okt. 16:00, 7 Okt. 16:00

Kaartjies: R280

Smultoer: Kaapse wyn en fyngebak

Raak verlore in die Kaap vir een aand waar dit ruik, smaak en voel soos in die Kaapse Wynland, ​​al sê jou GPS dat jy in Potchefstroom is! Tydens hierdie geleentheid word jy getrakteer op Kaapse wyn en elegante soet- en sout-fyngebak. Kom ervaar ’n simfonie van smaak!

Met: Nathan Robinson (uitvoerende sjef by The Roots)

Vervaardiger: The Roots, Potchefstroom Chef Academy at Roots

Taal: Afrikaans, Engels

Gradering: Geen o.18 (A)

Tydsduur: 60 min.

Venue: The Roots Boabab

Datum en tyd: 3 Okt. 14:00, 16:00 en 18:00; 4 Okt. 14:00, 16:00 en 18:00; 5 Okt. 14:00, 16:00 en 18:00; 6 Okt. 12:00, 14:00 en 18:00; 7 Okt. 12:00, 14:00 en 16:00

Kaartjies: R280

Aardklop Langtafel

Die geleentheid wat ’n jaarlikse tradisie geword het en nie gemis kan word nie! Kom vir die eerste keer of kom vir die hoeveelste keer – jy kan nie die fees afsluit sonder dié feestelikheid nie. Onder die rustige skadu van reuse-plataanbome dek en versier ons smaakvol ’n lang tafel, waar ’n heerlike vyfgangmaaltyd aan jou bedien word. Die prys sluit drinkgoed en heerlike Hermanuspietersfontein-wyn in. Bring jou familie en vriende en kom beleef iets besonders!

Die Langtafel word aangebied in NWU Potchefstroomkampus Lover’s Lane, 8 Oktober, 12:00. Die kaartjies beloop R600 pp, en die geleentheid duur 120 minunte. Ouerbegeleiding word benodig vir o.18.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button