Wie onthou nie die Yebo Gogo Vodacom advertensies wat tussen 1990 en die vroeë 2 000’s uitgesaai is nie? Prof. Kole Omotoso wat die rol vertolk het in die advertensie, is Woensdag 19 Julie in Kaapstad oorlede. Hy was 80 jaar oud.
Naas sy uitnemende rol in die advertensie sal hy onthou word as skrywer, onderwyser, kritikus, akteur, geliefde kollega, vriend en mentor wat ‘n doelgerigte lewe vol betekenis gehad het, het sy familie gesê. Hy was onder meer vroeër professor by de Universiteit van Wes-Kaapland se Engelse departement, en die Universiteit van Stellenbosch sedramadepartement.