News

Die dorp se gasvryheid en plattelandse hartlikheid laat besoekers hier hart verloor

Parys het NOU JOU stem nodig Al wat jy moet doen is om die woord Parys te sms na 33157 voor Vrydag 21 Julie om 12:00. Dertig stemme per SMS-nommer word toegelaat. Die koste is R1,50 per SMS.

Daar is min dorpe wat so onder jou vel kom lê soos Parys – die Vrystaatse afdruk van sy Franse naamgenoot wat geensins afsteek as dit kom by die romantiek en unieke karakter van die dorp nie.

Die juweel van ‘n dorp is steeds van die land se gunstelinge onder toeriste. Daaroor is geen twyfel nie, want soos in 2011, 2018, 2019 en 2021 is Parys nie net as een van die  gunsteling dorpe in die Vrystaat aangewys nie, maar is dié dorp  vanjaar se Vrystaat streekwenner.

Nou moet uit al die streekwenners gestem word vir ‘n wenner en JOU stem is NOU nodig.


Hoekom stem vir Parys?
Sommer so met die inry in die dorp as jy op ’n Saterdag die talle motorfietse in die hoofstraat sien – of die vele voete met rugsak en tekkies wat die strate invaar om egte plattelandse hartlikheid te ervaar, verstaan jy hoekom stedelinge hier hart verloor.

Dit is die dorp se kunskarakter, sy oudhede skatte, winkeltjies soos krale ingeryg langs die hoofstraat, en prag natuurskoon langs die Vaalrivieroewer, waarmee die dorp sy besoekers met ope arms omhels.

Dis die glimlagte van sy mense, al geselsend op sypaadjies en die rustigheid van ’n volmaak geskepte natuur wat jou die Vredefort Koepel se natuurwonders te voet wil laat verken. Jou huisbier wil laat proe by ’n tuisbrouery, jou die Vaal se witwater wil laat roei, en op ’n kabellyn oor Koepel-natuurskoon wil laat gly.

Dis hier waar jy wil lyn natmaak, en gaan lafenis soek by een van die dorp se unieke restaurante.
Ja, elke dorp het sy skaafplekke – té min water, té veel gate, ontoereikende munisipale dienste en wat meer – maar by dit als het Parys karakter en die mooi wat mense raaksien wanneer hulle naweek vir naweek na die Vrystaatse “Paris”stroom.

Met jou stem staan jy ‘n kans om te wen

Met jou stem vir Parys as vanjaar se Kwêla Dorp van die Jaar staan jy ‘n kans om groot pryse te wen. Onthou dié kompetisie gaan nie oor munisipale dienste nie en kry die munisipaliteit ook nie die wengeld nie.

Dit gaan oor wat die dorp besoekers bied, en om weer die mooi in jou dorp raak te sien.
Al wat jy moet doen is om voor Vrydag, 21 Julie om 12:00 wanneer die stemlyne sal sluit, ‘n draai te maak by enige van die genoemde stempunte hieronder, en dan daar die woord Parys te SMS na 33157.

Dertig stemme per SMS-nommer word toegelaat. Die koste is R1,50 per SMS. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal ook verreken word.

Die stempunte in Parys waar jy kan inskryf  om te wen is:
* By die stadsaal in Parys voor Clicks
* By die taxi-staanplek in Tumahole
* By Mzanzi in Tumahole
* In die Schonkenville-saal

Pryse wat gewen kan word sluit onder meer in ‘n selfoon, ‘n lekker naweek wegbreek (dinner, bed & breakfast) by Stonehenge, dagbesoeker pryse by die Eastco-vakansieoord, verskeie fantastiese sonbril-pryse, spa pryse, ‘n naweek vir 4 by Egweni, river rafting, piekniek by Egweni en ‘n ete by Eiffel Waffle House. Die wenner word 3 Augustus in Parys Gazette aangekondig.

Onthou pryse kan nie vir kontant geruil word nie, en jy kan slegs een maal die kompetisievorm by die stempunt voltooi. Bewys van stemme moet gelewer word.

Wat beteken ‘n stem vir Parys?
* ‘n Ongelooflike een miljoen rand se bemarkingswaarde vir die dorp. Kan jy dink wat dit vir Parys se besighede kan doen wat van toerisme afhanklik is?
‘n Hele 45 sekonde advertensie oor die dorp gemaak deur Homebrew Films wat op kykNet uitgesaai sal word. Hoeveel voete kan dit nie vir vir Parys bring nie?
* R1 miljoen in kontant om die dorp te verbeter en te verfraai. Die geld sal nie aan ‘n munisipaliteit betaal word nie, maar aan die instansie wat die veldtog in die wendorp dryf. In Parys se geval is dit MooiParys.
Die proses om ‘n spesifieke projek in die dorp aan te pak, sal deeglik geoudit word, en deurgesien word deur Lottoland tot die projek suksesvol afgehandel is. Kwêla sal ky-kers ook op hoogte hou van wat die Wendorp met hul R1 miljoen kontant doen om die dorp te verbeter.
* ‘n Groot makietie feesviering en konsert
* Die kompetisie gaan daaroor om weer die mooi in jou dorp raak te sien.
* Die fokus te plaas op ons land se toerismebestemmings.

Wat sal MooiParys wat die veldtog in Parys gedryf het,  doen met die miljoen sou die dorp wen?
MooiParys se projekte is daarop gemik om vir die hele gemeenskap en sakelui tot voordeel te wees, en sal die oorhoofse projek wat met die wengeld aangepak word (sou Parys wen), wees om Parys, Tumahole en Schon- kenville te verfraai, herstel en instandhoudingswerk te doen. Dit sluit in
– verfraaiing en skoonhou van die dorpsingange
– netjiese sypaadjies en strate waar mense weer gemaklik en veilig kan beweeg
– die plant van bome en blomme wat maklik onderhou kan word
– verf van straatname
– bemarking van Parys as toerismedorp
– sleepkarretjies vir mense wat ‘n lewe uit herwinning maak wat deur besighede geborg kan word in ruil vir advertensie op die waentjie.
– ‘n volhoubare voedselskema om mense waardigheid te gee sodat dit nie nodig is om in sakke te grawe vir kos of in die straat te bedel vir geld nie.
– meer speelparke vir kinders in elke deel van die dorp.
– opleiding vir vrywilligers wat help op brandtonele, en die nodige beskermingsdrag vir dié vrywilligers
– om die bestaande munisipale tuinvullis oorlaaistasie weer in gebruik te stel en uit te brei met ‘n sogenaamde herwinnings, hergebruik en ‘upcycling’ fasiliteit.
– ‘n vaardigheidsopleidingsentrum

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button