News

We Care het nou jou hulp nodig om te kan help in nood

We Care werk nou saam met die SAPD, sekuriteitsmaatskappye en al die nooddienste in Parys, en kan jou bydrae help om hierdie waardevolle diens aan die gemeenskap van Parys te kan volhou.

Wat ookal die nood was – of dit op ‘n botsingstoneel, by ‘n brand of natuurramp, buurtwagpatrollies, misdaadvoorkoming of selfs ‘n slang in ‘n erf of huis was wat verwyder moes word. Vir die afgelope sewe jaar kon die gemeenskap van Parys sewe dae ‘n week 24 uur van die dag staatmaak op die hulp van die We Care buurtwag-groep. ‘n Handjievol vrywilligers wat daagliks hul tyd, privaat voertuie, en hulpbronne sonder enige vergoeding beskikbaar gestel het om mense te help. Dikwels in die koue nagure of oor naweke.

WeCare moet gereeld hand bysit om slange te vang wat in huise en erwe gekry word.Ā 

Hoewel daar oor die jare mense was wat vrywillige bydraes vir die nie-winsgewende organisasie gemaak het om die diens te kon lewer, maak stygende lewenskostes dit nou bykans onmoontlik om meer hierdie diens te kan lewer sonder ‘n ten volle toegeruste voertuig wat permanent beskikbaar sal wees in nood.

Volgens Wynand Nel van We Care, het hulle al die noodtoerusting beskikbaar, maar omdat patrolleerders tot dusver hul private voertuie moes gebruik, gebeur dit met tye dat daar nie ‘n bakkie beskikbaar is om byoorbeeld te help om vuurvegters te laai, of na noodtonele uit te stuur nie.

We Care werk nou saam met die SAPD, sekuriteitsmaatskappye en al die nooddienste in Parys, en kan jou bydrae help om hierdie waardevolle diens aan die gemeenskap van Parys te kan volhou.

As jy kan help met ‘n finansiĆ«le bydrae, kan jy die volgende bankbesonderhede gebruik: Radio Light Patrols NPC, Spaarrekeningnr, 043941710, Standard Bank Parys, takkode 051001.

Related Articles

Back to top button