News

Ysige temperature sorg vir prag foto-geleenthede

Stuur gerus ook vir ons jou foto's van die ys skouspel wat vanoggend geneem is na gazettenuus@gmail.com

 

Vandag se ysige temperature kan kwalik meer raakgevat word as in die woorde van die digter Eugene Marais se bekende “Winternag”. In Parys is dit ‘n bibberende 11/-1 grade (minimum en maksimum temperatuur). Môre is effens meer leefbaar (16/-1) en Dinsdag se temperatuur is 17/0.

Parysenaars kan hul egter regmaak vir ‘n koue week  tot minstens Sondag met maksimum temperature van onder 20 grade Celsius.

WINTERNAG:

O koud is die windjie

en skraal

En blink in die dof-lig

en kaal,

so wyd as die Heer se genade,

lê die velde in sterlig en skade.

En hoog in die rande,

versprei in die brande,

is die grassaad aan roere

soos winkende hande.

O treurig die wysie

op die ooswind se maat,

soos die lied van ‘n meisie

in haar liefde verlaat.

In elk’ grashalm se vou

blink ‘n druppel van dou,

en vinnig verbleek dit

tot ryp in die kou.

 

Foto: Ferdie Jordaan.
Ysdruppel-mooi. Die besondere foto is vanoggend, Maandag 10 Julie geneem waar ysige temperature  waterdruppels van die sproeiers teen die heining van die Rivershed-sentrum in Breëstraat ,Parys ln die ysige prentjie verander het. Foto: Ferdie Jordaan
Foto’s: Ferdie Jordaan.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button