News

Kyk net wie is vandag saam met die Bokke op die veld

Kyk uit vir dié Parys gesiggies op Loftus.

Parys is trots op julle!!!

Moenie dink jou oë bedrieg jou as jy vandag dalk ‘n hele paar bekende gesigte op Loftus se rugbyveld sien nie.

Parysenaars wat vanmiddag na die Bokke se wedstryd teen Australië op Loftus sal kyk, gaan vyf bekende gesiggies op die rugbyveld sien.

Almoné Pretorius, PC Steyn, WC Stemmet, Wian Pretorius en Zuhan Siecker, almal van Parys, is deur Spur gekies om vanmiddag saam met die Springbokke uit te draf.

 

Parysenaars kan gerus uitkyk vir dié bekende gesiggies op die rugbyveld wanneer die Bokke op die veld sal draf. 

Spur Steak Ranches in samewerking met die Springbok Supporters’ Club, het die regte bekom vir die vlagdraers by al die plaaslike internasionale rugby toetswedstryde. Die kompetisie gee 20 seuns en dogters tussen die ouderdom van 8 en 12 jaar die kans om die vlagdraers op die veld te wees wanneer die nasionale volkslied gesing word sodra die span op die veld is.

Die groep kinders wat vandag die uitsonderlike geleentheid het om saam met die Bokke op die veld te wees wanneer hulle uitdraf. 

Die seuns en dogters word gekies uit al die aanlyn kompetisie inskrywings wat ontvang word, en moes hul onder meer ‘n video en brief instuur om te sê waarom elkeen van die deelnemers voel hulle verdien om te wen.

Die gelukkige wenners was reeds Vrydag in Pretoria waar hul touwys gemaak is wat van hulle verwag sal word op  toetsdag, en is hulle en hul families getrakteer met ‘n  ete by Spur waar hulle hul Springbok T-hemde en toetskaartjies ontvang het.

Van die ‘Mascot’ ouers op Loftus

Groot drome wat vandag waar word vir hierdie kinders.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button