News

Moeg vir beurtkrag? Dink hieraan

Raadpleeg 'n plaaslike installeerder voordat jy een van dié belangrikste besluite in jou lewe neem.

Mense soek tans na maniere om die las van beurtkrag te verminder. Een opsie is ‘n klein
omsetter met ‘n battery: dit kan krag voorsien aan die internet, TV en ‘n paar ligte. Dit kan egter nie later uitgebrei word nie.

Baie gebruikers begin net met ‘n rugsteunsisteem (back-up) en voeg dan later batterye by. Maar bereken hoe groot jou behoefte is, anders bestee jy dalk te veel. Lithium-ion batterye is ‘n goeie opsie en kan tot 6 000 siklusse lewer.

Met ander woorde, sou ons net een keer per dag ‘n kragonderbreking hê, kan hulle tot 15 jaar hou. Tans ervaar ons selfs drie siklusse per dag, wat die lewensduur van die batterye drasties verkort.

Wanneer sonpanele egter ook bygevoeg word, kan alle siklusse in die dag krag hê, en die batterye sal dus langer hou. ‘n Duurder opsie is om kapasitor-batterye te installeer met een miljoen siklusse en ‘n lewensverwagting van 45 jaar. Wanneer jy sonkrag oorweeg, onthou om ‘n plaaslike voorsiener te kies wat vinnig en deurlopend diens kan lewer. Kyk ook na hoe lank die voorsiener reeds in die bedryf is.  Vra verwysings en stel vrae om te verseker dat in jou behoeftes voorsien
kan word.

Indien jy heeltemal onafhanklik van Eskom wil wees, laat die voorsiener jou energiebehoeftes evalueer aan die hand van jou lewensstyl. Dinge soos lugversorging, ‘n swembad, hittepompe, vloedligte en geisers verg baie krag. ‘n Kritieke keuse wanneer jy ‘n stelsel kies, is die fabrikaat van die omsetter, en van die batterye. Kies ‘n bekende tipe met’n waarborg van die verskaffer. Betaal liewer bietjie meer vir produkte met ‘n goeie waarborg. Ook vir produkte wat goedgekeur is deur
die owerhede, sodat jy later krag terug aan die netwerk kan verkoop wanneer dit toegelaat
word.

Raadpleeg ‘n plaaslike installeerder voordat jy een van dié belangrikste besluite in jou lewe neem.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button