News

Kanonvuur dreun oor Vrystaatse vlaktes

Talle besoekers het Saterdag na die geskiedenis in beeld kom kyk van die Boeremag onder bevel van genl. Piet Cronje, wat vasgekeer was by Paardeberg en uiteindelik tot oorgawe gedwing is.

Vroeg Saterdagoggend het kanonvuur oor die Vrystaatse vlaktes buite Parys gedreun. Die Boere en Engelse was aan die ‘skiet’ by die FAK se Udolpho Rivierplaas buite Parys.

Dié skyngeveg wat hier beleef is, was ‘n lewensgetroue voorstelling van wat destyds by Paardeberg gebeur het – een van die grootste veldslae tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Die kanonvuur wat gehoor is, was dié van ‘n Parrot Rifle wat vir die voorstelling gebruik is, en eiehandig deur Alexander Potgieter van Meyerton gebou is. Hy het drie maande aan dié meester vakmanskap gewerk wat in Desember 2022 voltooi is.

Alexander was ‘n passer-en-draaier van beroep, maar nadat hy afgetree het, het hy nie gaan stilsit nie.
Baie navorsing is gedoen om dié Amerikaanse veldkanon, getrou aan die ware Jakob, te kon bou.

Talle besoekers het Saterdag na die geskiedenis in beeld kom kyk van die Boeremag onder bevel van genl. Piet Cronje, wat vasgekeer was by Paardeberg en uiteindelik tot oorgawe gedwing is.

Related Articles

Back to top button