News

AfriForum en Ngwathe sien mekaar weer in die hof oor water

Die saak gaan nou weer deur die Hooggeregshof aangehoor word, nadat die hof vroeër bevind het dat ten spyte van hoë Ecoli-vlakke in die water, AfriForum se aansoek om 'n interdik teen die Ngwathe munisipaliteit oor sy watervoorsiening aan inwoners, nie dringend is nie.

Die burgerregte organisasie AfriForum se regstryd teen die Ngwathe-munisipaliteit vir behoorlike watervoorsiening aan die gemeenskap, en die herstel van dié infrastruktuur is nog lank nie verby nie. Dié organisasie se  hofaansoek  sal eersdaags in die Hooggeregshof in Bloemfontein aangehoor word.

 

Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, is die  hofaansoek  om ’n strukturele interdik kry, al in 2022 as ‘n dringende aansoek teen die munisipaliteit gebring. Dit was om  stappe te kan neem om skoon water aan die gemeenskap te verseker. Die dringende aansoek het gevolg nadat verskeie watermonsters gewys  het dat daar onaanvaarbare hoë vlakke van E.coli in die drinkwater teenwoordig was.

 

Die Hooggeregshof het egter bevind dat dié aansoek nie dringend was nie ten spyte van die hoё E.coli-vlakke. AfriForum moes toe ’n aanvullende verklaring liasseer en ook die Departement van Water en Sanitasie (DWS) en die Departement vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (CoGTA) as partye tot die aansoek voeg,” sê Pretorius.

 

Die saak gaan nóú weer deur die hof aangehoor word.

 

Die Ngwathe-munisipaliteit en Departement Waterwese is telkemale in kennis gestel van die haglike toestand van die watersuiweringswerke sowel as die rou riool wat op verskeie plekke direk in die Vaalrivier instroom, sê Pretorius.

 

Sy sê ook dat AfriForum die munisipaliteit al vir langer as twee jaar vra om ’n kragopwekker aan te koop sodat die water gesuiwer kan word tydens lang kragonderbrekings in Parys. Die tender is uiteindelik in April 2023 uitgereik en het op 2 Mei gesluit. Tot op hede is daar egter  steeds nie ’n tender toegeken nie, het Pretorius gesê.

 

“As daar nie dringend deur die provinsiale of nasionale regering ingegryp word nie stuur dié kwessie in Parys op ’n ramp af wat tot lewensverliese kan lei. Die munisipaliteit het duidelik nie die wil of die vermoë om hierdie waterkrisis op te los nie,” sê AfriForum in sy verklaring.

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button