News

‘Sy lag sal in ons harte bly voortleef’

Dankie aan elkeen wat vir Madrie, die kinders en die familie op soveel maniere die afgelope dae ondersteun en gedra het. Dit word opreg waardeer.

Die skiellike dood van Koos Esterhuizen wat Sondag 18 Junie op Vadersdag aan ‘n hartaanval gesterf het, laat nie net ‘n onbeskryflike groot hartseer in die boeregemeenskap van Parys, maar ook vir sy gesin en familie in wie se harte sy lag en lewensvreugde sal voortleef.

Boere van omliggende plase was Sondag in die vroeë oggendure in minute daar om hulp te verleen, maar dit was vergeefs.Koos het ‘n maand gelede sy 50ste verjaardag gevier.

Vir sy gesin was hy hul alles, en onder sy familie en vriende was hy die platjie met sy pittige sêgoed en vriendelike geaardheid.

Poetse bak en lekker lag was deel van sy daaglikse bestaan.

Koos is in Groblersdal gebore, en het die grootste gedeelte van sy skoolloopbaan in Parys voltooi.

Op 20 September 2003 trou hy met Madrie van der Merwe en is hulle geseën met twee dogters, Miqae en Jané.

Hy was baie betrokke in die boeregemeenskap, en sal die mooi herinneringe aan Koos gekoester word deur Madrie, Miqaé en Jané, sy ma Issie, en broer Tielie.

Die gedenkdiens vir Koos word Donderdag 22 Junie  vanuit die Sion-gemeente, Parys gehou.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button