News

Vuurwapen verdwyn van ongelukstoneel waar polisielede sterf

Die vuurwapen is intussen gevind en twee persone inhegtenis geneem.

‘n Vuurwapen wat van die onglukstoneel verdwyn het waar drie polisielede van Fochville verlede week gesterf het, is teruggevind in die Ikageng-woonbuurt by Potchefstroom.

Polisiewoordvoerder kol. Adele Myburgh het bevestig dat twee persone, ‘n man en vrou, vroeër vandeesweek inhegtenis geneem is vir die besit van’n gesteelde vuurwapen en ammunisie. Die arrestasie het gevolg nadat inligting wat van die publiek gekry en opgevolg is.

Die vuurwapen het verdwyn van die botsingstoneel waar knst Ngwako Ronaldo Mohlopi,  knst. Sakhiwe Albert Mnende en knst. Mmamatlhomola Maria Mokoena, gesterf het toe die polisie bakkie waarmee hulle gery het, op die N12 tussen Potchefstroom en Fochville op ‘n  draai van die pad af is en gerol het.

Nog ‘n polisielid wat in die voertuig was, is ernstig beseer. Hulle was van Potchefstroom na Fochville onderweg.

 

 

 

Related Articles

Back to top button