News

Pensioenarisse moet onthou

Hierdie korting op eiendomsbelasting kan pensionarisse baie help

 

“Pensioenarisse wat kwalifiseer vir kortings op erfbelasting vir die nuwe munisipale
belastingjaar wat op 1 Julie 2023 begin, moet othou dat aansoeke vir die afslag
gedoen moet word voor 31 Augustus 2023” sê Vryheidsfront raadslid Phillip van der
Merwe.

Om te kwalifiseer moet die applikant eienaar van die eiendom wees en dit self
bewoon, ouer wees as 60 jaar of ‘n ongeskiktheidspensioen ontvang en nie eienaar
wees van meer as een eiendom nie.

Die inkomste van die huishouding (d.w.s. applikant en gade) moet minder beloop as
R 9 120,00 per maand.

Kortings word as volg bereken :

op inkomste van R 0,00 tot R 4 700,00 per maand : 100%

op inkomste van R4 701,00 tot R 5 400 per maand : 60%

op inkomste van R 5 401,00 tot R 8 370,00 per maand 30%

en op inkomste van R 8 371,00 tot R 9 120,00 per maand : 15%.

Aansoekvorms vir die korting is by munisipale kantore beskikbaar en aansoeke kan
vanaf 1 Julie 2023 ingedien word.

“Pensioenarisse word versoek om vroegtydig hul aansoeke in duplikaat voor te berei sodat hulle ‘n ontvangserkemnning op die duplikaat kan laat aanbring wanneer die aansoek ingedien word” beveel raadslid
Van der Merwe aan.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button