Skoolvriendinne kuier vir veertig jaar saam
Van twintig en veertig jaar skoolreünies hoor jy baie, maar skoolvriendinne wat na skool vir veertig jaar nog elke maand bymekaarkom om te kuier en saam te eet, is seldsaam.
Van twintig en veertig jaar skoolreünies hoor jy baie, maar skoolvriendinne wat na skool vir veertig jaar nog elke maand bymekaarkom om te kuier en saam te eet, is seldsaam.
‘n Groepie skoolvriendinne wat aan Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark gematrikuleer het, het besluit om kontak te behou, vriendinne te bly, en maandeliks saam te kuier.
So was hulle deur die jare mekaar se ondersteuningsnetwerk, het hulle saam
kinders grootgemaak, kon spog met kleinen agterkleinkinders, en het mekaar se lief
en leed gedeel.
Twee van die vriendinne is intussen oorlede, en ‘n hele paar het hul geliefdes aan
die dood afgestaan, maar die vriendinne wat oorgebly het, geniet hul aftreejare voluit.
Hulle noem hulself die ‘Chatters’, want dit is wat hulle doen – hulle lag en gesels en kuier,
al vir veertig jaar lank.